Nikodemus
143
skaplike verklaring. Maar geen verklaring is gegee nie. Van hulle
was verwag om die woord van God deur Moses aan te neem. Om te
weier om te kyk, het die dood beteken.
Die siel word nie verlig deur besprekings en stryery nie. Ons
moet kyk en lewe. Nikodemus het die les aangeneem en dit in sy
hart gedra. Hy het die Skrifte op ’n nuwe manier ondersoek, nie om
teorieë te bespreek nie, maar om lewe vir sy siel te vind. Namate hy
hom oorgegee het aan die leiding van die Heilige Gees, het hy die
koninkryk van die hemele begin sien.
Daar is duisende vandag wat dieselfde waarheid moet leer wat
Nikodemus geleer het deur die verhoogde slang. Hulle maak staat
op hulle gehoorsaamheid aan Gods wet om hulle in Sy guns te bring.
Wanneer hulle gevra word om op Jesus te sien en te glo dat Hy hulle
red alleenlik deur Sy genade, dan vra hulle, “Hoe kan hierdie dinge
gebeur?”
Net soos Nikodemus moet ons gewillig wees om die lewe in
te gaan op dieselfde wyse as die grootste sondaar. “Want daar is
ook geen ander Naam” as die van Christus, “onder die hemel wat
onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Hand.
4: 12.
Deur die geloof ontvang ons die genade van God; maar die
geloof is nie ons verlosser nie. Dit verdien niks nie. Dit is die hand
waarmee ons Christus beetneem, en Sy Verdienstes wat die raat teen
die sonde is, aanneem. En ons kan ons nie bekeer sonder die hulp
van die Gees van God nie. Die Skrifte sê van Christus, “Hom het
[173]
God as ’n Leidsman en Verlosser deur Sy regterhand verhoog om
aan Israel bekenne en vergifnis van sondes te skenk.” Hand. 5: 31.
Bekering kom van Christus net so gewis as vergifnis.
Hoe, dan, word ons gered? “Soos Moses die slang in die woestyn
verhoog het,” so moet die Seun van die mens verhoog word, en
elkeen wat deur die slang verlei en gebyt is, mag kyk en lewe. “Daar
is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem.” Joh. 1:
29
Die lig wat skyn van die kruis openbaar die liefde van God. Sy
liefde trek ons tot Hom. As ons nie die aantrekkingskrag weerstaan
nie, sal ons na die voet van die kruis gebring word in berou oor ons
sondes wat die Heiland gekruisig het. Dan sal die Gees van God
deur die geloof ’n nuwe lewe in die siel verwek. Die gedagtes en
begeertes word gehoorsaam gemaak aan die wil van Christus. Die
hart en die verstand word opnuut geskape in die beeid van Hom wat