142
DIE KONING VAN DIE EEUE
uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee. En Ek sal
My Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in My insettinge
wandel en My verordeninge onderhou en doen.” Jes 64: 6; Ps. 51:
12,
Eseg. 36: 26, 27.
Nikodemus het hierdie skrifte met ’n beneweide verstand gelees,
maar nou het hy hulle betekenis begin verstaan. Hy het gesien dat die
mees nougesette gehoorsaamheid aan die letter van die wet, toegepas
op die uiterlike lewe, ’n mens nie die reg gee om die koninkryk van
die hemel binne te gaan nie. Volgens die maatstaf van mense was sy
lewe regverdig en eerlik, maar in die teenwoordigheid van Christus
het hy gevoel dat sy hart onrein was, en sy lewe onheilig.
Nikodemus het aangetrokke gevoel tot Christus. Toe die Heiland
aan hom die wedergeboorte verduidelik het, het hy verlang na daar-
die verandering. Hoe sou dit bewerkstellig kon word? Jesus het sy
on- uitgesproke vraag beantwoord: “Soos Moses die slang in die
woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word,
sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die
ewige lewe kan hê.”
Nou was Nikodemus op grond wat hy geken het. Die simbool
van die verhoogde slang het die sending van die Heiland aan hom
verstaanbaar gemaak. Toe die volk gesterf het ten gevolge van die
byt van die slange, het God Moses beveel om ’n koperslang te maak
en dit onder die volk te verhoog. En toe het die woord uitgegaan tot
die hele vergadering dat almal wat na daardie slang kyk, SOU lewe.
Die volk het goed geweet dat daardie slang op sigself geen krag
[172]
gehad het om hulle te genees nie. Dit was ’n simbool van Christus.
Net soos die beeid van die slang verhoog is vir hulle genesing, so
sou Een, gemaak “in die gelykheid van die sondige vlees” “hulle
Verlosser wees.” Rom. 8:3. Baie van die Israeliete het die offerstelsel
beskou as iets wat op sigself krag gehad het om hulle van die sonde
te verlos. God wou hulle leer dat dit net so min waarde gehad het as
die koperslang. Dit moes hulle aandag vestig op die Verlosser. Of dit
vir die genesing van hulle wonde òf die vergifnis van hulle sondes
was, kon hulle uit hulleself niks doen behalwe hulle geloof te toon
in die Gawe van God nie. Hulle moes kyk en lewe.
Diegene wat deur die slange gebyt is, kon uitgestel het om te kyk.
Hulle mag dit betwyfel het hoe daar enige geneeskrag in daardie
koper simbool kon wees. Hulle mag aangedring het op ’n weten-