Page 145 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Nikodemus
141
toevertrou is, behoort seker tog nie onkundig te wees aangaande
sulke belangrike waarhede nie. Met hierdie woorde wou Jesus dit
aan die verstand van Nikodemus bring dat hy, pleks van gesteurd te
voel oor die dui- delike waarheid, baie ootmoedig behoort te wees
oor sy geestelike onkunde. Christus het egter met so ’n plegtige
waardigheid gespreek, en Sy uitdrukking en stem het sulke op regte
liefde geopenbaar, dat Nikodemus glad nie geafïronteer gevoel het
toe hy besef dat hy verneder was nie.
Maar toe Jesus verduidelik het dat Sy koms na die aarde die
stigting van ’n geestelike, pleks van ’n stoflike, koninkryk ten doel
gehad het, was Sy hoorder ontstel. Toe Jesus dit merk, het Hy gesê,
As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal
julle glo as Ek julle van die hemelse vertel?” As Nikodemus Jesus
se leer aangaande die werk van genade in die hart nie kon aanneem
nie, hoe sou hy die aard van die heerlike hemelse koninkryk kon
begryp? As hy nie die aard van Christus se werk op aarde kon sien
nie, sou hy nie Sy werk in die hemel verstaan nie.
Die Jode wat deur Christus uit die tempel verdryf is, het daarop
aanspraak gemaak dat hulle die kinders van Abraham was, maar
hulle het van die Heiland se teenwoordigheid weggevlug omdat hulle
nie die heerlikheid van God kon verduur wat in Hom geopenbaar was
nie. Daardeur het hulle bewys dat hulle nie deur die genade van God
geskik was om deel te neem aan die heilige dienste van die- tempel
nie. Hulle was baie ywerig om die skyn van heiligheid te bewaar,
[171]
maar die heiligheid van hulle hart het hulle verwaarloos. Terwyl
hulle baie gesteld was op die letter van die wet, het hulle gedurig
die gees daarvan oortree. Hulle groot behoefte was juis aan daardie
verandering wat Jesus aan Nikodemus verduidelik het, naamlik n
nuwe sedelike geboorte, reiniging van die sonde, ’n vernuwing in
kennis en heiligheid.
Daar was geen ekskuus vir Israel oor hulle onkunde aangaande
die wedergeboorte nie. Onder ingewing van die Heilige Gees, het
Jesaja geskryf, “Ons het almal geword soos ’n onreine, en al ons
geregtig- hede soos ’n besoedelde kleed.” Dawid het gebid, “Skep
vir my n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my n
vaste gees.”
En deur Esegiël is die belofte gegee, “Ek sal julle ’n nuwe hart
gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sál die hart van klip