Page 144 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

140
DIE KONING VAN DIE EEUE
wees om die juiste tyd en plek aan te wys, of al die omstandighede
te noem wat tot sy bekering gelei het nie, maar dit bewys nie dat hy
nie tot bekering gekom het nie. Deur ’n werktuig net so onsigbaar
as die wind werk Christus gedurig in die hart. Geleidelik, miskien
sonder dat die ontvanger daarvan weet, word daar indrukke gelaat
wat die siel tot Christus trek. Hulle mag kom deur oor Hom te dink,
deur die lees van die Skrifte, of deur die woord van n prediker.
Skielik,wanneer die Gees ’n regstreekse beroep doen, gee die siel
homself blymoedig oor aan Jesus. Sommige noem dit ’n skielike
bekering,maar dit is die gevolg van ’n langdurige werking van die
Gees van God—’n geduldige, uitgerekte proses.
Hoewel die wind self onsigbaar is, kan die uitwerking gesien
en gevoel word. So sal ook die werk van die Gees in die siel sig-
baar word in elke daad van die persoon wat sy reddende krag voel.
Wanneer die Gees van God besit neem van die hart, verander dit
die lewe. Sondige gedagtes word verban, en bose dade versaak;
liefde, nederigheid, en vrede neem die plek in van woede, afguns, en
strydlustigheid. Vreugde vervang droefheid, en die gelaat straal van
die lig van die hemel. Niemand sien die hand wat die las wegneem,
of die lig wat neerdaal van die hemelse howe daarbo nie. Die seën
kom wanneer die siel homself in geloof aan God oorgee. Dan skep
daardie krag wat geen menslike oog kan sien nie, ’n nuwe wese in
die beeid van God.
Dit is onmoontlik vir die beperkte menslike verstand om die
ver-lossingswerk te verstaan. Dit is ’n verborgenheid wat bokant die
[170]
menslike verstand is, en nogtans ondervind die een wat uit die dood
tot die lewe oorgaan ’n goddelike werklikheid. Die begin van die
verlossing kan ons alreeds hier persoonlik ondervind. Die gevolge
daarvan strek deur die ewigheid.
Terwyl Jesus besig was om te praat, het strale van die waarheid
deurgedring tot die verstand van die owerste. Die versagtende, vreed-
same invloed van die Heilige Gees het ’n indruk op sy hart gemaak.
Maar hy het nog nie ten volle die Heiland se woorde verstaan nie.
Hy het nie soseer onder die indruk van die noodsaaklikheid van
die wedergeboorte gekom as die wyse waarop dit bewerk word nie.
Verbaas het hy gesê, “Hoe kan hierdie dinge gebeur?”
Jy is ’n leraar van Israel en weet jy hierdie dinge nie?” het
Jesus gevra. Iemand aan wie die godsdiens-onderrig van die volk