Nikodemus
139
hom niks wat kon reageer op geestelike dinge nie, want geestelike
dinge word geestelik beoordeel.
Maar die Heiland het nie argument met argument beantwoord
nie. Plegtig en met groot waardigheid het Hy Sy hand opgehef en
die waarheid met groter sekerheid herhaal, “Voorwaar, voorwaar Ek
sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy
in die koninkryk van God nie ingaan nie.” Nikodemus het geweet
dat Christus hier bedoel het die waterdoop en die vernuwing van
die hart deur die Gees van God. Hy was nou oortuig dat hy in die
teenwoordigheid was van die Een wie se koms Johannes voorspel
het.
Jesus het voortgegaan: “Wat uit die vlees gebore is, is vlees; en
wat uit die Gees gebore is, is gees.” Van nature is die hart boos;
“
kon maar ’n reine voortkom uit ’n onreine? Nie een nie.” Job 14:
4.
Geen menslike vernuf kan ’n raat voortbring vir die sondige hart
nie. “Omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want
dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook
nie.” “Want uit die hart kom daar siegte gedagtes, moord, egbreuk,
hoerery, die- wery, valse getuienis, lastertaal.” Matt. 15: 19. Die
fontein van die hart moet gereinig word voordat die strome daaruit
rein kan wees. Die een wat probeer om die hemel binne te gaan deur
sy eie pogings om die wet te hou, probeer die onmoontlike. Daar is
geen veiligheid vir die persoon wat slegs ’n wettiese godsdiens en
’
n vorm van god- saligheid het nie. Die Christen se lewe is nie ’n
wysiging of ver betering van die ou lewe nie, maar ’n verandering
[169]
van sy natuur. Daar is ’n afsterwe van die eie-ek en die sonde, en n
heeltemal nuwe lewe. Hierdie verandering kan alleen kom deur die
werking van die Heilige Gees.
Nog steeds was Nikodemus verbyster, en Jesus het toe die wind
as simbool gebruik om toe te lig wat Hy bedoel het: “Die wind waai
waar hy wil, en jy hoor sy geluid, maar jy weet nie waarvandaan hy
kom en waarnatoe hy gaan nie. So is elkeen wat uit die Gees gebore
is.
Die wind word gehoor in die takke van die bome, tussen die blare
en die blomme, maar hy is onsigbaar, en niemand weet waarvandaan
hy kom of waarheen hy gaan nie. So is dit ook met die werk van
die Heilige Gees in die hart; dit kan net so min verklaar word as
die bewegings van die wind: ’n Persoon mag miskien nie in staat