138
DIE KONING VAN DIE EEUE
maar liewer ’n geestelike wedergeboorte. Wat jy nodig het, is nie
om jou nuuskierigheid te bevredig nie, maar ’n nuwe hart. Jy moet
’
n nuwe lewe van omhoog ontvang voordat jy hemelse dinge sal
waardeer. Aleer hierdie verandering plaasvind waarin alle dinge
nuutgemaak word, sal dit tog nie vir jou redding bring om met My
te praat oor die gesag van My sending nie.
Nikodemus het die prediking van Johannes die Doper gehoor
aangaande bekering en die doop, asook wat hy gesê het oor die Een
wat met die Heilige Gees sou doop. Hy self het gevoel dat daar
’
n gebrek aan geestelikheid onder die Jode was, en dat hulle, in ’n
groot mate, dweepsugtig en vol wêreldse eersugtigheid was. Hy
het gehoop dat daar ’n beter toestand van sake sou kom met die
koms van die Messias. Maar die hartdeursoekende boodskap van
die Doper het hom nie tot oortuiging van sonde gebring nie. Hy was
n nougesette Fariseër, en het homself beroem op sy goeie werke.
Hy het hoog aangeskryf gestaan weens sy welwillendheid, en sy
vrygewigheid teenoor die onderhouding van die tempeldienste; hy
was seker dat hy in die guns van God was. Hy was verbaas om te
hoor van ’n koninkryk wat te rein was vir hom om te sien in sy
huidige toestand.
Die beeld van die wedergeboorte, wat Jesus gebruik het, was
nie heeltemal onbekend vir Nikodemus nie. Bekeerlinge uit die hei-
dendom tot die geloof van Israel is dikwels vergelyk met pasgebore
kin- dertjies. Hy moes dus geweet het dat die woorde van Christus
nie in ’n letterlike sin opgeneem moes word nie. Maar kragtens sy
[168]
geboorte as n Israeliet het hy homself beskou as iemand wat seker
kon wees van n plek in Gods koninkryk. Hy het nie gevoel dat hy
’
n verandering nodig gehad het nie. Dit verklaar sy verbasing oor
die Heiland se woorde. Hy het hom vererg omdat hulle regstreeks
op hom toe- gepas is. Die hoogmoed van die Fariseër het in botsing
gekom met die opregte begeerte van die soeker na waarheid. Hy was
verbaas dat Christus so tot hom kon spreek, sonder om sy posisie as
owerste in Israel in aanmerking te neem.
Hy was so verbaas dat hy nie langer op sy hoede was nie, en
het Christus ironies geantwoord, “Hoe kan ’n mens as hy oud is,
gebore word?” Net soos baie ander wanneer hulle getref word deur
snydende waarheid, het hy die feit geopenbaar dat die vleeslike mens
nie die dinge van die Gees van God kan verstaan nie. Daar was in