Nikodemus
137
Saam met baie ander in Israel was hy gegrief oor die ontheiliging
van die tempel. Hy het gesien hoe Jesus die kopers en verkopers
uitgedryf het, hy het die wonderbaarlike openbaring van goddelike
krag gesien; hy het gesien hoedat die Heiland die armes ontvang, en
die siekes genees het, hy het hulle blydskap gesien en hulle woorde
van lof gehoor: en hy kon nie twyfel dat Jesus van Nasaret die Een
was wat deur God gestuur is nie.
Hy wou baie graag ’n onderhoud met Jesus hê, maar het nie
die moed gehad om Hom openlik te gaan spreek nie. Dit sou te
vernederend vir ’n owerste van die Jode gewees het om te erken dat
hy saam gevoel het met so n onbekende leraar. En as die Sanhedrin
sou hoor van sy besoek, sou hulle hom verag en bestraf het. Hy het
toe besluit om n geheime onderhoud te hê, met die verskoning dat
as hy openlik sou gaan, ander sy voorbeeld sou volg. Nadat hy deur
navraag verneem het van die Heiland se woonplek op die Olyfberg,
het hy gewag totdat die stad geslaap het, en Hom toe gaan opsoek.
In die teenwoordigheid van Christus, het Nikodemus ’n vreemde
senuweeagtigheid gevoel wat hy wou verberg onder sy waardigheid.
“
Rabbi,” het hy gesê, “ons weet dat U ’n leraar is wat van God
gekom het, want niemand kan hierdie tekens doen wat U doen as
God nie met hom is nie.” Deur te praat van Christus se begaafdheid
as leraar, en ook van Sy wonderbare krag om wonderwerke te doen,
het hy gehoop om die weg te berei vir sy onderhoud. Sy woorde was
bedoel om vertroue uit te lok; maar inderwaarheid het hulle ongeloof
geopen baar. Hy het Jesus nie erken as die Messias nie, maar slegs
[167]
as ’n leraar wat van God gekom het.
Pleks van hierdie begroeting te beantwoord, het Jesus stip na die
spreker gekyk asof Hy sy siel gelees het. In Sy groot wysheid het Hy
voor Hom ’n soeker na die waarheid gesien. Hy het die doel van die
besoek geken, en met ’n begeerte om die oortuiging te verdiep wat
alreeds in die besoeker se hart was, het Hy sommer reg op die man
af gekom deur ernstig, dog vriendelik te sê, “Voorwaar, voorwaar Ek
sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk
van God nie sien nie.” Joh. 3: 3.
Nikodemus het na die Here gekom, hopende om ’n gesprek met
Hom aan te knoop, maar Jesus het aan hom die grondbeginsels van
die waarheid geopenbaar. Hy het aan Nikodemus gesê dat dit nie
soseer teoretiese kennis was waaraan hy behoefte gehad het nie,