Page 140 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Nikodemus
NIKODEMUS het ’n hoë en verantwoordelike pos beklee onder
die Joodse volk. Hy was goed geleerd, was buitengewoon I talentvol
en hy was ’n geëerde lid van die nasionale raad. Soos by ander het
die leer van Jesus ’n diep indruk op hom gemaak. Hoewel hy ryk
en geleerd en geëerd was, het hy hom tog aangetrokke gevoel tot
die nederige Nasarener. Die lesse wat hy van die Heiland se lippe
gehoor het, het hom diep getref, en hy wou graag meer van daardie
wonderbaarlike waarhede hoor.
Die gesag wat Christus gebruik het by die reiniging van die
tempel, het die haat verwek van die priesters en owerstes. Hulle het
die mag van hierdie vreemdeling gevrees. Sulke vrypostigheid van n
onbekende Galileër sou hulle nie gedoog nie. Hulle het hulle beywer
om Sy werk tot ’n end te bring. Maar nie almal was dit hieroor eens
nie. Daar was sommige wat bang was om die Een te weerstaan wat
so klaar- blyklik deur die Gees van God gelei is. Hulle het onthou
hoedat profete gedood is omdat hulle die sondes van die leiers van
Israel bestraf het. Hulle het geweet dat hulle onderwerping aan ’n
heidense volk die gevolg was van hulle hardnekkige verwerping van
die tereg- wysings van God. Hulle het gevrees dat die priesters en
[166]
owerstes in hulle bose planne teen Jesus besig was om te volg in
die voetstappe van hulle vaders, en dat dit nuwe rampe op die volk
sou bring. Nikodemus was een van die wat so gevoel het. Op ’n
vergadering van die Sanhedrin, waar die stappe wat hulle teen Jesus
sou doen, bespreek is, het Nikodemus hulle gemaan tot versigtigheid
en moderasie.
Hy het aangevoer dat as Jesus regtig gehandel het op gesag van
God, dit baie gevaarlik sou wees om Sy waarskuwings te verwerp.
Die priesters kon dit nie waag om hierdie raad te veronagsaam nie,
en vir ’n tyd het hulle nie opgetree teen die Heiland nie.
Vandat hy Jesus gehoor het, het Nikodemus ernstig die profesiee
aangaande die Messias ondersoek; en hoe meer hy ondersoek het,
hoe sterker was sy oortuiging dat dit die Een was wat sou kom.
136