ln Sy Tempel
135
was, is nie deur ’n menslike argitek gebou nie. “Kyk, daar kom ´n
man wie se Naam is Spruit, . . . en Hy sal die tempel van die Here
bou en Hy sal majesteit verkry en sit om te heers op Sy troon; ook
sal Hy ’n priester wees op Sy troon.” Sag. 6: 12, 13.
Die offerstelsel wat gewys het op Christus het ten einde geloop,
maar die oë van die mense is gevestig op die ware Soenoffer vir die
sondes van die wêreld. Die aardse priesterskap het verval, maar ons
sien op Jesus, die middelaar van die nuwe verbond, en op “die bloed
van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel.” “Die
weg na die heiligdom [was] nog nie geopen . . . solank die eerste
tabernakel nog standhou nie. . . . Maar Christus wat opgetree het
as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en
volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie . . . deur Sy
eie bloed, eenmaal ingegaan in die heiligdom en n ewige versoening
teweeg gebring.” Heb. 12: 24; 9: 8-12.
“
Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God
gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.” Heb. 7:25. Hoewel
die bediening van die aardse na die hemelse tempel verskuif sou
word, en alhoewel die heiligdom van ons grote Hoëpriester nie
sigbaar vir ons oë sou wees nie, sou die dissipels nogtans geen verlies
daardeur ly nie. Hulle sou geen onderbreking in hulle gemeenskap
en geen vermindering van hulle krag ondervind ten gevolge van
die Heiland se afwesigheid nie. Terwyl Jesus dien in die hemelse
heiligdom, is Hy deur Sy Gees nog die bedienaar van die kerk op
aarde. Hy is nie meer sigbaar vir die vleeslike oog nie, maar Sy
afskeids- belofte is vervul, “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan
die voleinding van die wêreld.” Matt. 28: 20. Hoewel Hy Sy krag
meedeel aan bedienaars, is Sy besielende teenwoordigheid nog in
Sy kerk.
“
Terwyl ons dan ’n groot Hoëpriester het, . . . naamlik Jesus, die
Seun van God, laat ons die belydenis vashou. Want ons het nie n
Hoëpriester wat nie met ons swakhede kan medelyde hê nie, maar
een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan,
sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte
tyd gehelp te word.” Heb.4: 14-16.
[164]
[165]