134
DIE KONING VAN DIE EEUE
opstanding uit die dood sou hulle betekenis duidelik word. Vir vele
sou hulle afdoende bewys wees van Sy godheid.
Om rede hulle geestelike duisternis het selfs Sy dissipels dikwels
nie Sy lesse verstaan nie. Maar latere gebeurtenisse het die betekenis
van baie van hierdie lesse vir hulle verstaanbaar gemaak. Toe Hy nie
meer met hulle gewandel het nie, het Sy woorde hulle harte versterk.
In hulle betrekking op die tempel van Jerusalem het die Heiland
se woorde, “Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal ek dit oprig,”
’
n dieper betekenis gehad as wat die hoorders besef het. Christus
was die fondament en lewe van die tempel. Die dienste daarin was
tipes van die soendood van die Seun van God. Die priesterdom is in
die lewe geroep om die middelaarswerk van Christus voor te stel.
Die hele offerstelsel was n skaduwee van die Heiland se dood om
die wêreld te red. Hierdie offers sou geen waarde meer hê wanneer
die groot gebeurtenis waarna hulle vooruitgewys, plaasgevind het
nie.
Aangesien die hele rituaal simbolies was van Christus, het dit
geen waarde sonder Hom gehad nie. Toe die Jode hulle verwerping
van Christus verseël het deur Hom in die dood oor te lewer, het hulle
alles verwerp wat betekenis gegee het aan die tempel en sy dienste.
Die heiligheid daarvan het gewyk. Dit was tot verwoesting gedoem.
Van daardie dag af was die slagoffers en die dienste in verband
daarmee, betekenloos. Soos die offer van Kain, het hulle nie geloof
in die Verlosser geopenbaar nie. Deur Christus om die lewe te bring,
het die Jode feitelik hulle tempel vernietig. Toe Christus gekruisig is,
is die binneste voorhangsel van die tempel van bo na onder geskeur
as teken dat die groot Soenoffer geslag is, en dat die offerstelsel vir
altyd ten einde geloop het.
“
In drie dae sal Ek dit oprig.” Met die dood van die Verlosser het
dit geskyn of die magte van die duisternis die oorwinning behaal het,
en hulle het hulle verbly in hulle oorwinning. Maar uit die geopende
graf van Josef het Jesus voortgekom as oorwinnaar, “Nadat Hy die
owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar ten toon gestel
en daardeur oor hulle getriomfeer het.” Kol. 2: 15. Op grond van
Sy dood en opstanding het Hy ’n bedienaar geword van “die ware
tabernakel wat die Here opgerig het en nie ’n mens nie.” Heb. 8: 2.
Mense het die Joodse tabernakel opgerig, en mense het die Joodse
[163]
tempel gebou, maar die heiligdom daarbo, waarvan die aardse n tipe