Page 137 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Sy Tempel
133
heiligheid van die tempel te herstel. Met ’n eerbied gebore uit vrees,
het hulle na Hom gegaan met die vraag, “Watter teken wys U vir
ons, dat U hierdie dinge doen?”
Jesus het hulle ’n teken gewys. Deur lig in hulle harte te laat
skyn, en deur voor hulle die werke te doen wat die Messias sou doen,
het Hy afdoende bewys gegee van Sy karakter. Toe hulle nou om n
teken vra, het Hy hulle deur middel van ’n gelykenis geantwoord,
wat aangetoon het dat Hy bewus was van hulle kwaadwilligheid, en
die dade waartoe dit hulle nog sou lei. “Breek hierdie tempel af, het
Hy gesê,” “en in drie dae sal Ek dit oprig.”
Hierdie woorde van Hom het ’n tweevoudige betekenis gehad.
Hy het gesinspeel, nie alleen op die verwoesting van die Joodse
tempel en godsdiens nie, maar ook op Sy eie dood — die afbreking
van die tempel van Sy liggaam. Die Jode was alreeds besig met sulke
planne. Toe die priesters en owerstes na die tempel teruggegaan het,
het hulle ’n plan gehad om Hom dood te maak, om so ontslae te
raak van die beroerder. En tog, toe Hy hulle plan aan hulle openbaar,
het hulle Hom nie verstaan nie. Hulle het Sy woorde opgeneem as
verwysende na die tempel te Jerusalem, en met verontwaardiging
het hulle uitgeroep, “Ses-en-veertig jaar lank is aan hierdie tempel
gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?” Hulle het nou gevoel dat
Jesus hulle ongeloof geregverdig het, en hulle verwerping van Hom
was ’n uit- gemaakte saak.
Dit was nie Christus se plan dat die ongelowige Jode Sy woorde
moes verstaan nie, en ook nie Sy dissipels in daardie tyd nie. Hy het
geweet dat Sy vyande dit verkeerd sou opneem en dit teen Hom sou
gebruik. By Sy verhoor sou dit as beskuldiging teen Hom ingebring
word, en op Golgota sou hulle Hom daarmee smaad. As Hy Sy
woorde nou aan Sy dissipels verduidelik het, sou dit hulle kennis
gegee het van Sy lyde en droefheid wat hulle nie sou kon dra nie. En
dan nog, ’n verduideliking sou vóór die tyd aan die Jode die gevolge
van hulle vooroordeel en ongeloof geopenbaar het. Alreeds het hulle
die weg ingeslaan wat hulle vasberade sou volg totdat Hy soos ’n
lam ter slagting gelei word.
Dit was vir diegene wat in Hom sou glo, dat Christus hierdie
woorde gespreek het. Hy het geweet dat hulle oorvertel sou word.
Daar hulle by die Paasfees geuiter is, sou duisende hulle te hore
[162]
kom, en hulle sou na alle dele van die wêreld gedra word. Ná Sy