132
DIE KONING VAN DIE EEUE
het dat die laaste vonkie van hoop uitgeblus was, het Christus hulle
genees. Die las was so swaar, het een gesê, maar ek het ’n Helper
gevind. Hy is die Christus van God, en ek sal my hele lewe wy aan
Sy diens. Ouers het aan hulle kinders gesê: Hy het jou lewe gered,
verhef jou stem en loof Hom. Die stemme van kinders en jongmense,
vaders en moeders, vriende en toeskouers, het saamgesmelt in dank-
segging aan God. Hulle harte is vervul met hoop en blydskap. Vrede
het in hulle gemoed gekom. Hulle is genees in liggaam en siel; hulle
is huis toe, en het orals vertel van die grenslose liefde van Jesus.
Tydens die kruisiging van Jesus, het diegene wat genees is, nie
saam met die gepeupel geskreeu nie. Hulle het medelyde met Jesus
gehad; want hulle was die ontvangers van Sy groot medelyde en het
Sy wonderbare krag gevoel. Hulle het Hom geken as hulle Verlosser,
want Hy het aan hulle genesing van liggaam en siel gebring. Hulle
het geluister na die prediking van die apostels, en die ingang van
Gods Woord in hulle harte het hulle wysheid gegee. Hulle het werk-
tuie van Gods genade geword en van Sy verlossing.
Die skare wat van die tempel gevlug het, het ook na ’n tydjie
begin terugkom. Hulle het gedeeltelik herstel van die paniek wat
hulle beetgepak het, maar op hulle gesigte was daar ’n uitdrukking
van besluiteloosheid en vrees. Hulle het met verbasing die werk van
Jesus aanskou, en was oortuig dat die voorspellings aangaande die
Messias in Hom vervul is. Die sonde van tempelontheiliging het
grotendeels op die priesters gerus. Dit was ten gevolge van hulle
reëling dat die voorhof van die tempel in ’n markplaas verander
is. Die mense self was in ’n groot mate onskuldig. Die goddelike
gesag van Jesus het ’n indruk op hulle gemaak, maar by hulle het die
invloed van die priesters en owerstes nog die botoon gevier. Hulle
het Christus se werk beskou as ’n nuwigheid, en het Sy reg om in te
meng met wat die tempeloutoriteite toegelaat het, in twyfel getrek.
Hulle was gebelg omdat die handel daar versteur is, en hulle het die
oor- tuigings van die Heilige Gees geblus.
Van alle ander moes die priesters en owerstes in Jesus die ge-
salfde van die Here gesien het; want die heilige rolle wat Sy sending
beskryf het, was in hulle besit, en hulle het geweet dat die reiniging
van die tempel ’n openbaring van meer as menslike krag was. Hoe
hulle Jesus ook gehaat het, kon hulle nie die gedagte van hulle af-
[161]
skud me dat Hy moontlik ’n profeet is, deur God gestuur, om die