ln Sy Tempel
131
Christus het gespreek met die gesag van ’n koning, en in Sy voor-
komste en stembuiging was daar iets wat hulle geen mag gehad
het om te weerstaan nie. Op daardie bevelwoord het hulle hulle
ware posisie as huigelaars en rowers besef. Toe die godheid deur
die mensheid geflits het, het hulle nie alleen verontwaardiging op
Christus se gelaat gesien nie; hulle het die betekenis van Sy woorde
begryp. Dit het gevoel asof hulle voor die troon van die ewige Regter
staan en die vonnis vir tyd en die ewigheid aangehoor het. Vir ’n
tyd was hulle oortuig dat Christus ’n profeet was, en vele het in
Hom geglo as die Messias. .Die Heilige Gees het in hulle harte die
woorde van die profete aangaande Christus geflits. Sou hulle handel
op daardie oortuiging?
Hulle wou hulle nie bekeer nie. Hulle het geweet dat Christus
se medelyde vir die armes opgewek was. Hulle het geweet dat hulle
skuldig was aan afpersing in hulle transaksies met die volk. Omdat
Christus hulle gedagtes gelees het, het hulle Hom gehaat. Hulle
hoogmoed is gekwes toe Hy hulle in die openbaar bestraf het, en
hulle was afgunstig op Sy toenemende invloed onder die mense.
Hulle het besluit om Hom te ondervra aangaande die mag waardeur
Hy hulle uitgedryf het, en wie Hom daardie mag gegee het.
Langsaam en bedagsaam, maar met haat in hulle harte, het hulle
na die tempel teruggekeer. Maar wat ’n verandering het daar in hulle
afwesigheid plaasgevind! Toe hulle gevlug het, het die armes agter-
gebly; hulle het nou na Jesus gekyk op wie se gelaat hulle Sy liefde
en medelyde gesien het. Met trane in Sy oë het Hy aan die bewendes
rondom Hom gesê: Moenie vrees nie; Ek sal julle verlos, en julle sal
My verheerlik. Hiervoor het Ek in die wêreld gekom.
Die mense het na Hom toe gekom met dringende, hartroerende
ver- soeke: Meester, seën my. Sy oor het elke versoek gehoor. Met
ontferming groter as die van ’n tere moeder, het Hy neergebuig oor
die lydendes. Almal het Sy aandag geniet. Elkeen is genees van
die siekte waaraan hy gely het. Die stommes het Hom geloof; die
blindes het die aangesig van hulle Heelmeester gesien. Die harte van
die lyers is blygemaak.
Wat ’n openbaring was die geluide wat hulle gehoor het, vir die
priesters en tempeldienaars wat hierdie groot werk gesien het! Die
[160]
mense het vertel van die pyn wat hulle gely het, van hulle teleur-
gestelde hoop, van dae van pyn en slapelose nagte. Toe dit geskyn