130
DIE KONING VAN DIE EEUE
skielik na Sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die
Engel van die verbond, na wie julle ’n begeerte het. Kyk, Hy kom,
sê die Here van die leërskare. Maar wie kan die dag van Sy koms
verdra?
En wie sal standhou as Hy verskyn ? Want Hy sal wees soos die
vuur j van die smelter en soos die seep van die wassers. En Hy sal
sit: ’n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi
reinig en hulle louter soos goud en silwer.” Mal. 3: 1-3.
“
Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van
God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God
hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is julle.” 1 Kor.
3: 16, 17.
Geen mens kan uit eie krag die bose bende uitwerp wat
besit van sy hart geneem het nie. Christus alleen kan die sielstempel
reinig. Maar Hy sal nie met geweld binnekom nie. Hy kom nie na
die hart soos na die tempel van ouds nie; maar Hy sê, “Kyk, Ek
staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur
oop- maak, sal Ek ingaan na hom toe.” Openb. 3: 20. Hy sal kom,
nie net vir een dag nie, want Hy sê, “Ek sal in hulle woon en onder
hulle wandel, . . . en hulle sal vir My ’n volk wees.” “U sal al hulle
sondes in die dieptes van die see werp.” 2 Kor. 6: 16; Miga 7: 19.
Sy teenwoordigheid sal die siel reinig en heilig, sodat dit ’n heilige
tempel vir die Here sal wees, “tot ’n woning van God in die Gees.”
Efe. 2:21, 22.
Oorweldig van vrees het die priesters en owerstes gevlug van
die voorhof van die tempel, en van die deurdringende oë wat hulle
harte gelees het. Toe hulle van die tempel af weggevlug het, het hulle
ander ontmoet wat op weg was na die tempel, en het hulle gewaarsku
om nie te gaan nie, en hulle vertel wat hulle gesien en gehoor het.
Christus het na die vlugtendes gekyk met ’n diepgaande jammerte
vir hulle vrees, en hulle onkunde van wat ware aanbidding was. In
hierdie toneel het Hy ’n simbool gesien van die verstrooiing van die
hele Joodse volk oor hulle sondes en onboetvaardigheid.
En waarom het die priesters gevlug van die tempel af? Hoekom
het hulle nie hulle man gestaan nie? Die Een wat hulle beveel het
om te gaan, was ’n timmerman se seun, ’n arme Galileër, sonder
enige aardse rang of mag. Waarom het hulle Hom nie weerstaan nie?
Waarom het hulle hulle winste laat lê wat hulle deur bedrog verkry
[159]
het, en gevlug op bevel van iemand wat uiterlik so gering was?