Page 133 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Sy Tempel
129
Beamptes van die tempel, priester-spekulante, geldwisselaars en
beeshandelaars, met hulle skape en beeste, het van die plek gevlug,
met net die een doel, naamlik om te ontkom aan Sy veroordelende
teenwoordigheid.
Daar was paniek onder die skare wat die mag van Sy godheid
gevoel het. Noodkrete is gehoor van honderde wat hulle bleek ge-
skrik het. Selfs die dissipels het gebewe. Hulle was vreesbevange
ten gevolge van die woorde en optrede van Jesus, so anders as ge-
woonlik. Hulle het onthou dat daar van Hom geskryf is, “Die ywer
vir U huis het My verteer.” Ps. 69: 10. Binne ’n kort tydjie was die
rumoerige skare met hulle handelsware ver verwyder van die tempel
van die Here. Die tempelhowe is gereinig van hulle onheilige handel,
en ’n groot stilte het neergesak op die toneel van verwarring. Die
teenwoordigheid van die Here wat in die verlede die berg geheilig
het, het nou die tempel wat ter ere van Hom gebou is, geheilig.
In die reiniging van die tempel het Jesus Sy sending aangekondig
as die Messias, en Sy werk aanvaar. Die tempel, opgerig vir die god-
delike teenwoordigheid, was bedoel as aanskouelike les vir Israel en
vir die wereld. Van die voortyd af was dit Gods doel dat elke geskape
wese, van die heilige serafs tot die mens, n tempel moet wees vir die
inwoning van die Skepper. Ten gevolge van die sonde het die mens
opgehou om Gods tempel te wees. Verduister en besoedel deu: die
sonde, het die hart van die mens nie langer die heerlikheid van God
geopenbaar nie. Maar deur die vleeswording van die Seun van God,
is die doel van die Hemel verwesenlik. God woon in die mensheid,
en deur Sy reddende genade word die hart van die mens weer Sy
tempel. Dit was Gods doel dat die tempel te Jerusalem n gedurige
getuie sou wees van die hoë roeping wat daar vir elke siel moontlik
is. Maar die Jode het nie die betekenis verstaan van die gebou wat
hulle met soveel trots betrag het nie. Hulle het hulle nie oorgegee
as heilige tempels van die goddelike Gees nie. Die voorhowe van
die tempel te Jerusalem, gevul met die rumoer van onheilige han-
del, was ’n ware voorstelling van die menslike hart, besoedel met
die teenwoordigheid van vleeslikheid en onreine gedagtes. In die
reiniging van die tempel van die wereldse kopers en verkopers, het
Jesus Sy werk aangekondig van die reiniging van die hart van die
[158]
besoedeling van die sonde — van die aardse begeertes, die vleeslike
welluste, en die sondige gewoontes wat die siel besmet. “Dan sal