Page 132 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

128
DIE KONING VAN DIE EEUE
pro- fetiese oog het Hy in die toekoms gekyk, en nie net jare nie,
maar eeue vooruitgesien. Hy het gesien hoedat priesters en owerstes
die behoeftiges van hulle regte sou hou en belet dat die evangelie
aan die armes verkondig word. Hy het gesien hoedat die liefde van
God verberg sou word vir sondaars, en hoe mense sou handel dryf
met Sy genade. Waar Hy die toneel aanskou het, is daar verontwaar-
diging, gesag, en krag in Sy gelaat gesien. Die aandag van die mense
is op Hom gevestig. Die oë van diegene wat besig was met hulle
onheilige handel, is stip op Hom gevestig. Hulle kan nie hulle oë
afwend nie. Hulle voel dat hierdie man hulle gedagtes lees, en hulle
bedekte motiewe sien. Sommige van hulle probeer om hulle gesigte
te bedek asof hulle sondige dade op hulle gelaat geskryf staan om
deur daardie deurdringende oë gelees te word.
Daar het stilte gekom. Die gepraat en gestry het opgehou. Die
stilte was ondraaglik. Heilige vrees het oor die mense gekom. Dit
was asof hulle voor die regbank van God staan om rekenskap te
gee van hulle dade. Waar hulle op Christus kyk, het hulle gesien
hoedat die godheid deur Sy mensheid straal. Die Majesteit van die
hemel het gestaan soos die Regter op die laaste dag sal staan — nie
nou omring van die heerlikheid wat Hy dan sal hê nie, maar met
dieselfdc mag om die siel te lees. Sy oog gaan oor die skare, en Hy
neem elke indiwidu op. Dit skyn asof Sy gedaante bokant almal
uitstaan met ge- saghebbende waardigheid, en ’n goddelike glans is
op Sy gelaat. Hy praat, en Sy helder stem — dieselfde wat op Sinai
die wet afgekondig het wat die priesters nou oortree het — word
weergalmend gehoor deur die gange van die tempel: “Neem daardie
dinge hier weg; moenie die huis van My Vader ’n handelshuis maak
nie.”
Langsaam is Hy met die trappe af, en met die sweep van toutjies
wat Hy opgetel het toe Hy die voorhof binnegekom het, omhoog
in Sy hand, het Hy die wisselaars gebied om die heilige grond van
die tempel te verlaat. Met n ywer en vasberadenheid wat Hy nog
nooit tevore geopenbaar het nie, het Hy die tafels van die wisselaars
om- gekeer. Die geld het klinkend geval op die marmer plaveisel.
Niemand het dit gewaag om Hom te vra op wie se gesag Hy handel
nie. Nie een van hulle het vertoef om sy geld op te tel nie. Jesus
het hulle nie gestriem met die sweep van toutjies nie, maar in Sy
[157]
hand het die eenvoudige sweep gelyk soos ’n vlammende swaard.