ln Sy Tempel
127
Die priesters en owerstes is geroep om verteenwoordigers van
God te wees vir die volk; dit was hulle plig om die misbruik van
die tempelhowe te belet. Hulle moes ’n voorbeeld van opregtheid en
barmhartigheid aan die volk gestel het. Pleks van hulle eie belange te
bevorder, moes hulle gedink het aan die behoeftes van die aanbidders,
en hulle moes bereid gewees het om diegene te help wat nie in Staat
was om die nodige slagoffers te koop nie. Maar dit het hulle nie
gedoen nie. Hebsug het hulle harte verhard.
Na die fees het lydendes gekom, mense wat behoeftig en ellendig
was. Die blindes, die lammes, die dowes, was daar. Sommige is
op beddens daarheen gebring. Baie het gekom, te arm vir selfs
die nederigste offergawe aan die Here, of om voedsel te koop om
hulle honger te stil. Hierdie mense was baie teleurgestel oor die
ver- klarings van die priesters. Die priesters het gespog met hulle
vroomheid; hulle het voorgegee om die beskermers van die volk te
wees, maar hulle was sonder medelyde of ontferming. Tevergeefs het
die armes, die siekes, en die sterwendes hulle op hulle hulp beroep.
Hulle lyding het geen jammerte in die harte van die priesters gewek
nie.
Toe Jesus die tempel binnekom, het Hy die hele toneel gesien.
Hy het die onregverdige transaksies gesien. Hy het die eilende van
die armes gesien, wat gedink het dat daar sonder bloedvergieting
geen vergifnis van hulle sondes sou wees nie. Hy het gesien hoedat
die buitenste voorhof van die tempel in n onheilige handelsplek
verander is. Die heilige vertrek het een groot geldmark geword.
Christus het gevoel dat iets gedoen moes word. Die volk moes
deelneem aan talryke seremonies sonder die nodige onderrig aan-
gaande die betekenis. Die aanbidders het hulle slagoffers geoffer
sonder om te verstaan dat hulle tipes was van die enigste volmaakte
Slagoffer. Onder die mense, dog nie herken of geëer nie, het die
Een gestaan wat die teenbeeid van hulle hele diens was. Hy het die
voorskrifte gegee vir die offers. Hy het hulle simboliese betekenis
verstaan, maar nou het Hy gesien hoedat alles verdraai en verkeerd
verstaan is. Ware geestelike aanbidding was vinnig aan die verdwyn.
Geen skakel het die priesters en owerstes met God verbind nie. Dit
was die werk van Christus om ’n heeltemal nuwe godsdiens in te
stel. Met een oogopslag het Christus, waar Hy daar op die trappe
[156]
van die tempelvoorhof gestaan het, die hele toneel opgeneem. Met