126
DIE KONING VAN DIE EEUE
en afpersing wat op skandalige wyse ontwikkel het en ’n bron van
inkomste vir die priesters geword het.
Die handelaars het ongehoorde pryse gevra vir hulle diere, en
hulle het die winste gedeel met die priesters en owerstes wat hulleself
bevooroordeel het ten koste van die volk. Die aanbidders is
geleer om te glo dat as hulle nie offer nie, die seën van God nie sou
rus op hulle
kinders of hulle saailande nie. Gevolglik kon daar ’n hoë prys
vir die offerdiere verkry word, want nadat hulle so ver gekom het,
sou die mense nie huis toe gaan sonder om die offer te gee waarvoor
hulle gekom het nie.
Gedurende die tyd van die Pasga is daar baie diere geoffer, en dus
was die getal wat-verkoop is, groot. Omdat daar sulke verwarring
geheers het, het dit soos ’n lawaaierige veemark gelyk eerder as
die heilige tempel van God. Onder die gestry oor pryse, die gebulk
van beeste, die geblêr van skape, en die gekoer van duiwe, is ook
die geluid van klinkende munt gehoor. So groot was die rumoer
dat dit die aanbidders gesteur het, en die woorde wat hulle tot die
Allerhoogste gerig het, is verdring deur die geraas wat die tempel
binne- gedring het. Die Jode was baie trots op hulle vroomheid.
Hulle het hulle verbly in die tempel, en ’n woord daarteen gespreek,
is beskou as godslastering; baie nougeset het hulle die seremonies
gevolg in verband daarmee, maar die liefde vir geld het al hulle
gewetensbe- sware gedemp. Hulle het skaars besef hoe ver hulle
afgedwaal het van die oorspronklike doel van die dienste wat deur
God self ingestel is.
[153]
Toe die Here op die berg Sinai neergedaal het, is die plek geheilig
deur Sy teenwoordigheid. Moses is beveel om die berg af te kamp,
en dit te heilig, en die woord van God is gehoor in die waarskuwing:
“
Pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak nie. Elkeen
wat die berg aanraak, moet sekerlik doodgemaak word. Geen hand
mag dit aanraak nie; maar hy moet sekerlik gestenig of sekerlik met
’
n pyl geskiet word; of dit ’n dier of ’n mens is — hy mag nie lewe
nie.” Exod. 19: 12, 13. So is die les geleer dat die plek heilig is waar
[154]
[155]
God Sy teenwoordigheid openbaar. Die terrein rondom Gods tempel
moes as heilig beskou gewees het, maar in hulle gejaag na geld is
dit alles uit die oog verloor.