Page 129 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

ln Sy Tempel
DAARNA het Hy na Kapernaum afgegaan, Hy en Sy moeder
en Sy broers en Sy dissipels, en hulle het daar nie baie dae gebly
nie. En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na
Jerusalem.”
Op hierdie reis het Jesus aangesluit by een van die groot reis-
gesel- skappe wat op weg was na die hoofstad. Hy het nog nie Sy
sending in die openbaar aangekondig nie, en Hy het ongemerk onder
die skare beweeg. Met sulke geleenthede is die koms van die Mes-
sias wat so beklemtoon is deur Johannes in sy bediening, dikwels
bespreek. Die hoop op nasionale grootheid het in baie harte opge-
vlam Jesus het geweet dat hulle teleurgestel sou wees, want hulle
hoop het berus op ’n verkeerde vertolking van die Skrifte. Met groot
erns het Hy die profesieë verduidelik, en getrag om die mense op te
wek tot ’n grondiger studie van Gods Woord.
Die Joodse leiers het die volk geleer dat hulle te Jerusalem on-
derrig sou word hoe om God te aanbid. Gedurende die paasweek het
groot skares byeengekom, uit alle dele van Palestina, en selfs ook
uit afge- leë lande. Die tempelhowe het gewemel van ’n gemengde
skare. Baie van die mense kon nie die nodige slagoffers saambring
[152]
wat as tipes moes dien van die een groot Slagoffer nie. Om hulle
te help, is diere gekoop en verkoop in die voorhof van die tempel.
Hier het alle klasse van mense saamgedrom om hulle slagoffers te
koop. Hier ook is die vreemde geld uitgewissel vir die munt van die
tempel.
Elke Jood moes jaarliks ’n half-sikkel betaal as “losgeld vir
sy lewe en die geld wat so ingevorder is, is gebruik vir die onder-
houd van die tempel.” (Exod. 30: 12-16.) Daarbenewens is groot
somme geld gegee as vrywillige offergawes, en in die skatkis van
die tempel gestort. Buitelandse geld moes eers uitgewissel word vir
munt genoem die tempel-sikkel, wat gebruik is vir die diens van
die heiligdom. Hierdie besigheid het geleentheid gebied vir bedrog
125