Page 128 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

124
DIE KONING VAN DIE EEUE
Ons behoort almal getuies van Jesus te word. Sosiale krag, goed-
gekeur deur die genade van Christus, moet gebruik word om siele
vir die Heiland te win. Laat die wêreld sien dat ons nie uit selfsug in
[150]
beslag geneem is deur ons eie belange nie, maar dat ons graag wil hê
dat ander ook moet deel in ons seëninge en voorregte. Laat hulle sien
dat ons godsdiens ons nie onsimpatiek en hardvogtig maak nie. Laat
almal wat bely dat hulle Christus gevind het, dien soos Hy gedien
het vir die voordeel van mense.
Ons moet nooit by die wêreld die valse indruk skep dat Christene
swaarmoedige en ongelukkige mense is nie. As ons oë op Jesus
gevestig is, sal ons ’n ontfermende Verlosser sien, en ons sal verlig
word deur Sy aanskyn. Waar Sy Gees heers, daar heers vrede. Daar
ook sal vreugde wees, want daar is ’n kalme, heilige vertroue op
God.
Christus is tevrede met Sy navolgers wanneer hulle toon dat
hulle, alhoewel menslik, deelgenote is van die goddelike natuur.
Hulle is nie standbeeide nie, maar lewende manne en vroue. Hulle
harte, verkwik deur die dou van goddelike genade, gaan oop en word
verruim vir die Son van Geregtigheid. Die lig wat op hulle skyn,
weerkaats hulle op ander in werke wat straal van die liefde van
Christus.
[151]