Op die Bruilofsfees
123
te genees, die onkundiges te leer, en die kettings van die gevangenes
van die Satan te verbreek.
[149]
Dit was deur persoonlike aanraking en omgang dat Jesus Sy
dissipels geleer het. Soms het Hy hulle geleer deur saam met hulle
op die berg te sit, soms langs die see, of Hy het saam met hulle
gestap en die verborgenhede van die koninkryk van God aan hulle
geopenbaar. Hy het nie vir hulle gepreek soos mense vandag doen
nie. Waar daar oop harte was om die goddelike boodskap te ontvang,
het Hy die waarhede van die verlossingsplan verkondig. Hy het nie
Sy 1 dissipels beveel om dit of dat te doen nie, maar Hy het gese,
“
Volg My.” Op Sy reise deur die land, en in die dorpe, het Hy hulle
saam met Hom geneem, sodat hulle kon sien hoe Hy die mense
geleer het. Hulle het hulle belange met Syne verbind, en hulle was
saam met Hom in die werk.
Die voorbeeld van Christus om Homself te verbind met die
belange van die mensdom moet nagevolg word deur almal wat Sy
Woord verkondig, en deur almal wat die evangelie van Sy genade
aangeneem het Ons moet nie sosiale omgang versaak nie. Ons moet
ons nie afsonder van ander nie. Ten einde alle klasse te bereik, moet
ons hulle ontmoet waar hulle is. Dit is maar selde dat hulle ons uit
eie beweging sal opsoek. Die harte van die mense moet nie net uit
die kansel aangeraak word met die goddelike waarheid nie. Daar is
’
n ander arbeidsveld, eenvoudiger miskien, maar net so belowend.
Dit word gevind in die huise van die armes, die wonings van die
grotes, aan die tafe van die gasvryes, en by die byeenkomste vir
onskuldige plesier.
Net soos die dissipels van Christus, moet ons nie met die wêreld
omgang maak uit ’n blote liefde vir plesier nie, en om aan die dwaas-
heid daarvan mee te doen nie. Sulke omgang kan alleen skadelik
vir ons wees. Ons moet nooit deur ons woorde of dade, of deur ons
teenwoordigheid of stilswye, sonde goedkeur nie. Waar ons ook al
gaan moet ons Jesus met ons saamneem, en ons moet ons dierbare
Heiland aan ander openbaar. Diegene wat probeer om hulle gods-
diens veilig te bewaar deur dit toe te bou met ’n klipmuur, verbeur
die heerhke geleenthede om goed te doen. Deur sosiale omgang
kom die Christelike godsdiens in aanraking met die wêreld. Elkeen
wat die goddelike verligting ontvang het, moet die pad verlig van
diegene wat nie die Lig van die lewe ken nie.