122
DIE KONING VAN DIE EEUE
ewige dinge. Hy het losbandigheid afgekeur, en daar was geen teken
[148]
van ligsinnigheid in Sy gedrag nie; maar nogtans het Hy plesier
gevind in tonele van onskuldige geluk, en deur Sy teenwoordigheid
het Hy sosiale byeenkomste goedgekeur. ’n Joodse huweliksfees
was ’n indrukwekkende iets, en die vreugde wat daar geheers het,
was nie onaangenaam vir die Seun van die mens nie. Deur die fees
by te woon, het Jesus die huwelik as ’n goddelike instelling geëer.
In beide die Ou en die Nuwe Testament word die huweliksver-
houding gebruik as simbool van die tere en heilige gemeenskap
tussen Christus en die gelowiges. In die hart van Jesus het die blyd-
skap van die huweliksfees vooruitgewys op die blydskap van daardie
dag wanneer Hy Sy bruid sal huis toe neem na Sy Vader se huis, en
wanneer Verlosser en verlostes saam sal aansit by die bruilof smaal
van die Lam. Hy sê: “Soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal
jou God oor jou bly wees.” “Jy sal nie meer genoem word Verlatene
nie . . . maar jy sal genoem word: My welbehae . . . want die Here
het ’n behae in jou.” “Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy
swyg in Sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.” Jes. 62: 5, 4; Sef. 3:
17.
Toe Johannes, die apostel, ’n gesig van hemelse dinge gesien het,
het hy geskrywe: “Ek het iets gehoor soos die stem van ’n groot me-
nigte, en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk
donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het
die koningskap aanvaar. Laat ons bly wees en ons verheug en aan
Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom
en Sy vrou het haar gereed gemaak. . . . Salig is die wat genooi is na
die bruilofsmaal van die Lam.” Openb. 19:6, 7, 9.
In elke siel het Jesus iemand gesien aan wie die uitnodiging tot
Sy koninkryk gegee moes word. Hy het tot die hart van die mense
gespreek deur onder hulle te beweeg as iemand wat hulle geluk
begeer. Hy het hulle opgesoek op die strate, in privaat huise, op
bootjies, in dis sinagoge, aan die oewers van die meer, en by die
bruilofsfees. Hy het hulle in hulle daelikse werk ontmoet, en het
belanggestel in hulle sake. Hy het hulle in hulle huise geleer, en die
gesin onder die invloed van Sy goddelike teenwoordigheid gebring.
Sy innige persoonlike medelyde het gehelp om hulle harte te win.
Dikwels het Hy na die berge gegaan om alleen te gaan bid, maar
dit was slegs om Hom voor te berei vir Sy werk onder mense in
hulle aktiewe lewe. Daarvandaan het Hy teruggekom om die siekes