Page 125 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Op die Bruilofsfees
121
en gehoor het, en in baie harte het die hoop ontvlam dat God ’n
Verlosser vir Sy volk opgewek het. Die nuus aangaande die wonder
het deur daardie hele streek versprei, en is ook na Jerusalem geneem.
[147]
e nuwe belangstelling het die priesters en oudstes die profesieë
ondersoek wat verwys het na Christus se koms. Daar was n begeerte
om e weet wat die sending van hierdie nuwe leraar was wat so
beskeie onder die mense verskyn het.
Die werk van Christus het skerp afgesteek by die van die Joodse
ouderlinge. Hulle agting vir tradisie en formalisme het alle ware
vryheid van gedagte en optrede aan bande gele. Hulle het in gedurige
vrees vir besoedeling gelewe. Om nie in aanraking te kom met iets
wat “onrein” is nie, het hulle hulleself afgesonder, nie alleen van
die heidene nie, maar ook van die meerderheid van hulle eie mense;
hulle het dus niks vir die voordeel van die mense gedoen, en ook
niks om hulle vriendskap te win nie. Deur gedurig oor hierdie sake
te dink het hulle eng in hulle gedagtes en lewens geword. Hulle
voorbeeld het egoïsme en onverdraagsaamheid by alle klasse van
mense laat ontstaan.
Jesus het die werk van hervorming begin deur in noue aanraking
met die mense te kom. Terwyl Hy die grootste eerbied getoon het
vir die wet van God, het Hy die skynvroomheid van die Fariseërs
bestraf, en probeer om die mense te bevry van die onsinnige reëls
wat hulle gebind het. Hy het getrag om die mure af te breek wat skei-
ding remaak het tussen die verskillende klasse van die samelewing,
sodat Hy die mense kon saambring as kinders van een gesin. Sy
teenwoordigheid op die bruilof smaal was ’n stap in daardie rigting.
God het Johannes die Doper beveel om in die woestyn te woon,
sodat hy kon beskerm word teen die invloed van die priesters en
rabbi’s, met die oog op sy spesiale sending. Maar sy eenvoudige lewe
en afgesonderdheid was nie ’n voorbeeld vir die volk nie. Johannes
self het nie sy toehoorders beveel om hulie werk op te gee nie. Hy
het hulle beveel om bewys te lewer van hulle bekering, deur getrou
te wees aan God in die werk waarin hulle was.
Jesus het selfbevrediging in alle vorms bestraf, maar nogtans was
Hy gesellig van geaardheid. Hy het die gasvryheid van alle klasse
aangeneem, die huise besoek van rykes en armes en van ge- leerdes
en ongeletterdes, om hulle gedagtes te verhef bokant die ale- daagse
dinge van die lewe, en hulle aandag te vestig op die geestelike en