120
DIE KONING VAN DIE EEUE
daardie heilige rite ingestel het wat Sy dood sou verkondig “totdat
Hy kom.” 1 Kor. 11: 26. In die droefheid van die dissipels, toe hulle
van hulle Here moes afskeid neem, is hulle vertroos met die belofte
[146]
van hereniging, toe Hy gesê het, “Ek sal van nou af nooit meer van
hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op -daardie dag wanneer
Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van My Vader.” Matt.
26: 29.
Die wyn wat Christus by die fees voorsien het, en die wat Hy
aan Sy dissipels gegee het as die simbool van Sy eie bloed, was die
suiwer sap van die druif. Die profeet Jesaja verwys hierna waar hy
spreek van die nuwe wyn “soos wanneer iemand mos kry in ’n tros
druiwe,” en sê: “Verniel dit nie, want daar is ’n seën in.” Jes. 65: 8.
Dit was Christus wat in die Ou Testament aan Israel die waar-
skuwing gegee het, “Die wyn is ’n spotter, en sterke drank ’n la-
waaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie..”
Spreuke 20: 1. Hy self het nie bedwelmende wyn voorgesit nie. Die
Satan versoek mense om hulleself oor te gee aan dinge wat nulle ver-
stand en hulle geestelike sin sal benewel en verstomp, maar Christus
leer ons om ons laer natuur aan die hoëre te onderwerp. Sy hele lewe
was ’n voorbeeld van selfverloëning. Om die mag van die aptyt te
breek, het Hy ten behoewe van ons die kwaaiste toets ondergaan.
Dit was Christus wat beveel het dat Johannes die Doper nie wyn of
sterk drank moes drink nie. Dit was ook Hy wat dieselfde opdrag
gegee het aan die vrou van Manoag. En Hy het ’n vloek uitgespreek
oor die man wat sterke drank aan sy broeder gee. Christus het nie Sy
eie leer weerspreek nie. Die ongegiste wyn wat Hy vir die bruilofs-
gaste voorsien het, was ’n voedsame en verkwikkende drank. Die
uitwerking daarvan was om die smaak in harmonie met ’n gesonde
aptyt te bring.
Toe die gaste by die fees opmerkings gemaak het oor die kwaliteit
van die wyn, is daar navraag gedoen, en die tafelbediendes het toe
vertel van die wenderwerk. Die geselskap was vir ’n tyd te verbaas
om te dink aan Hom—die een wat die wonder gedoen het. Toe hulle
eindelik na Hom soek, het hulle ontdek dat Hy so stil vertrek het dat
selfs Sy dissipels dit nie gemerk het nie.
Die groep mense het nou hulle aandag aan die dissipels geskenk.
Vir die eerste keer het hulle geleentheid gekry om hulle geloof
in Jesus te bely. Hulle het vertel wat hulle by die Jordaan gesien