Op die Bruilofsfees
119
vir die hoofdienaar.” Pleks van die water waarmee die kanne gevul
is. het daar nou wyn uitgekom. Die hoofdienaar en die gaste was
nie eintlik bewus daarvan dat die wyn gedaan was nie. Toe hulle
nou die wyn proe wat die bediendes gebring het, het die hoofdienaar
[145]
bevind dat dit beter was as enige wyn wat Hy ooit gedrink het, en
baie anders was as die wat in die begin bedien is. Hy het hom tot die
bruidegom gewend en gesê: “Elke mens sit eers die goeie wyn op
en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegste; maar jy het die
goeie wyn tot nou toe bewaar.”.. . ,
Soos die mense eerste die beste wyn voorsit, en daarna die min-
derwaardige, so maak die wéreld ook met sy gifte. Wat die wéreld
gee, mag die oog bevredig en die sinne bekoor, maar dit sal nooit be-
vredig nie. Die wyn word bitter en die vreugde verander in droefheid.
Wat met vrolike gesing begin is, eindig in moegheid en verfoeiing.
Maar die gawes van Jesus is altyd vars en nuut. Die feesmaal wat Hy
vir die siel berei, bring altyd tevredenheid en vreugde. Elke nuwe
gawe stel die ontvanger in staat om die seëninge van die Here beter
te waardeer. Hy gee genade vir genade. Die voorraad sal nooit ge-
daan raak me. As u in Hom bly dan sal die feit dat u vandag ’n ryke
seen ontvang het die waarborg van ’n ryker seën more wees. Die
woorde van Jesus aan Natanael stel die wet van Gods handelwyse
met die kinders van die geloof Saam met elke nuwe openbaring van
Sy liefde, se Hy aan die ontvanklike hart, “Glo jy . . . ? Jy sal groter
dinge sien as dit.”
ˆDie gawe van Christus by die bruilofsfees was ’n simbool.
Die water was ’n voorstelling van die doop in Sy dood; die wyn,
die storting van Sy bloed vir die sondes van die wereld. Die water
waarmee die kanne gevul is, is deur mensehande gebring, maar alleen
die woord van Christus kon die lewegewende krag bring. So was
dit met die rites wat vooruitgewys het op die Verlosser se dood Dit
is alleen deur die krag van Christus, werkende deur die geloof, dat
hulle die siel kan voed.
Die woord van Christus het volkome voorsien in die behoeftes
van die fees. Net so oorvloedig is Sy genade om die sondes van die
mens uit te delg, en die siel te verkwik en te bewaar.
By die eerste fees wat Jesus met Sy dissipels bygewoon het, het
Hy hulle die beker gegee wat Sy werk vir hulle verlossing gesimbo-
hseer het. By die laaste Avondmaal het Hy dit weer gegee toe Hy