118
DIE KONING VAN DIE EEUE
bande van bloedverwantskap tussen hulle het haar glad nie met Hom
gelykgestel nie.
[144]
Die woorde, “My uur het nog nie gekom nie,” wys op die feit dat
elke handeling van Christus op aarde n vervulling was van die plan
wat van die voortyd af bestaan het. Vóór Hy na die aarde gekom
het, was Hy met die plan in alle besonderhede bekend. Maar toe Hy
onder mense gewandel het, is Hy stap vir stap deur die wil van die
Vader gelei. Hy het nie geaarsel om op die gesette tyd op te tree nie.
Met dieselfde onderworpenheid het Hy gewag totdat die tyd gekom
het.
Toe Hy aan Maria gesê het dat Sy tyd nog nie gekom het nie,
het Jesus haar onuitgesproke gedagte beantwoord — die verwagting
wat sy so lank saam met haar volk gekoester het. Sy het gehoop dat
Hy Hom sou openbaar as die Messias, en die troon van Israel sou
bestyg. Maar die tyd het nog nie gekom nie. Nie as Koning nie, maar
soos ’n “man van smarte en bekend met krankheid” het Jesus die lot
van die mensheid aanvaar.
Maar hoewel Maria nie die regte begrip van Christus se sending
gehad het nie, het sy Hom volkome vertrou. Op so ’n geloof het
Jesus gereageer. Dit was om Maria se vertroue te eer, en die geloof
van Sy dissipels te versterk, dat die eerste wonderwerk gedoen is.
Die dissipels sou baie versoekings tot ongeloof moet verduur. Die
profesieë het hulle bo alle twyfel oortuig dat Jesus die Messias was.
Hulle het na die geestelike leiers gekyk om Hom met ’n vertraue
aan te neem selfs sterker as hulle eie. Hulle het onder die mense
die wonderwerke van Christus, en hulle vertroue in Sy sending
verkondig, maar hulle was verbaas en bitter teleurgestel oor die
ongeloof, die diepgesetelde vooroordeel, en die vyandigheid teenoor
Jesus wat deur die priesters en rabbi s aan die dag gelê is. Die
Heiland se eerste wonderwerke het die dissipels versterk in hulle
stryd teen hierdie teenstand.
Geensins van stryk gebring deur die woorde van Jesus nie, het
Maria aan die tafelbediendes gesê, “Net wat Hy vir julle sê, moet
julle doen. So het sy alles gedoen wat sy kon om die weg vir die
werk van Christus te berei.”
Naby die deur het ses groot klipwaterkanne gestaan, en Jesus het
hulle beveel om hulle vol water te maak. Dit is gedoen. En, omdat
die wyn dadelik nodig was, het Hy gesê, “Skep nou uit en bring dit