Page 121 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Op die Bruilofsfees
117
geantwoord: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie
gekom nie.”
[143]
Hierdie antwoord, kortaf soos dit vir ons lyk, was nie onverskil-
lig of onhoflik nie. Die Heiland het Sy moeder volgens Oosterse
gewoonte aangespreek. Dit was gebruiklik teenoor mense vir wie
jy agting wou betoon. Elke handelwyse van Christus se aardse lewe
was in ooreenstemming met die voorskrif wat Hy self gegee het:
Eer jou vader en jou moeder.” Exod. 20: 12. Aan die kruis, in Sy
laaste daad van liefde teenoor Sy moeder, het Jesus haar op dieselfde
manier aangespreek toe Hy haar aan die sorg van Sy meesbeminde
dissipel toevertrou het. By die bruilofsfees sowel as aan die kruis
het die liefde wat in Sy stem, aanblik, en maniere uitgedruk is, Sy
woorde verstaanbaar gemaak.
Tydens Sy besoek aan die tempel in Sy jongelingsjare, toe die
misterie vap Sy lewenstaak vir Hom duidelik geword het, het Chris-
tus aan Maria gesê: “Het u nie geweet dat Ek in die dinge van My
Vader moet wees nie?” Lukas 2: 49. In hierdie antwoord het ons die
grondtoon van Sy hele lewe en bediening. Alles was ondergeskik
aan Sy werk — die groot verlossingswerk waarvoor Hy in die wêreld
gekom het. Nou het Hy die les weer herhaal. Daar was gevaar dat
Maria haar verhouding tot Jesus sou beskou asof dit haar n besondere
aanspraak op Hom gegee het, en in ’n mate ook die reg om Hom in
Sy sending te lei. Dertig jaar lank was Hy vir haar ’n liefhebbende
en onderdanige seun gewees, en Sy liefde het onveranderd gebly;
maar nou moes Hy Hom aan die werk van Sy Vader wy. As die Seun
van die Allerhoogste, en Verlosser van die wêreld, moes geen aardse
bande Hom in Sy sending bind of Sy gedrag beïnvloed nie. Hy moes
vry wees om die wil van God te doen. Hierdie les geld ook vir ons.
Die aansprake van God moet voorrang geniet bo alle menslike bande
en verwantskappe. Geen aardse verlokkings behoort ons te beweeg
om die pad te verlaat wat Hy ons beveel het om te bewandel nie.
Vir die gevalle mensdom is die enigste hoop op verlossing in
Christus. Maria kon salig word alleen deur die bloed van die Lam
van God. Self het sy geen verdienste gehad nie. Haar verwantskap
aan Jesus het haar geestelike verhouding tot Hom nie anders gemaak
as die van enige ander mens nie. Dit het duidelik uitgekom in die
Heiland se woorde. Hy het die onderskeid tussen Sy houding tot
haar as die Seun van die mens en die Seun van God verduidelik. Die