116
DIE KONING VAN DIE EEUE
en vrees on praat nie. Die afgelope twee maande was tye van groot
droefheid. Jesus deur wie se medelyde sy vertroos is, was ook weg,
en sy het gepeins oor die woorde van Simeon: “Ja, ’n swaard sal
deur jou eie siel gaan.” Lukas 2:35. Sy het haar die drie dae van
anges herinner toe sy gedink het dat hulle Jesus vir altyd verloor het,
en met n angsvolle hart het sy Sy terugkoms afgewag.
Toe sy Hom by die bruilof weer ontmoet, was Hy nog dieselt de
liefdevolle, gehoorsame seun. En tog was Hy nie dieselfde nie. Sy
gelaat het verander; dit het die tekens van Sy stryd in die woestyn
gedra, en daar was ’n nuwe uitdrukking van waardigheid en krag
wat bewys gegee het van Sy hemelse sending. By Hom was n groep
jong- manne wat Hom met eerbied gadeslaan, en hulle noem Hom
Meester. Hierdie metgeselle het aan Maria vertel wat hulle by Sy
doop en elders gesien en gehoor het, en hulle het verklaar: “Ons het
Hom gevind van wie Moses in die wet en ook die profete geskrywe
het.” Joh. 1:46.
Onderwyl die gaste vergader het, het daar ’n onderdrukte op-
gewondenheid geheers, want dit het geskyn asof hulle iets verwag
het. Hier en daar het klompies gestaan en praat, en bewonderende
oë is in die rigting van die Seun van Maria gedraai. Terwyl Maria
na die getuienis van die dissipels aangaande Jesus geluister het, is
sy blyge- maak deur die wete dat haar lankgekoesterde hoop nie
tevergeefs was nie, maar sy sou meer as menslik gewees het as daar
[142]
nie ook ’n bietjie moederstrots saam met die heilige vreugde in haar
hart opgewel het nie. Toe sy sien hoe die oë op Jesus gerig is, het sy
verlang dat Hy voor die geselskap bewys moes gee dat Hy werklik
die Geseënde van God was. Sy het gehoop dat daar geleentheid
vir Hom sou wees om in hulle teenwoordigheid ’n wonderwerk te
verrig.
Dit was die gewoonte in die dae om tydens ’n huwelik ’n hele
paar dae fees te vier. In hierdie geval is daar net vóór die einde van
die fees ontdek dat die wyn op was. Hierdie ontdekking het groot
verleentheid en teleurstelling veroorsaak. Dit was iets ongewoonds
om by die feestelikhede geen wyn te hê nie, en die gebrek daaraan
sou n teken van ongasvryheid gewees het. As familie van die egpaar
het Maria gehelp met die voorbereidsels vir die fees, en sy het Jesus
nou aangespreek en gesê: “Hulle het geen wyn nie. Hiermee wou
sy Hom laat verstaan dat Hy miskien kon help. Maar Jesus het