Page 119 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Op die Bruilofsfees
DIE Here Jesus het Sy bediening nie begin met die een of ander
groot werk voor die Sanhedrin te Jerusalem nie. Op ’n byeen- koms
van familielede en vriende in ’n Galilese dorpie het Hy Sy krag geo-
penbaar om die vreugde op ’n bruilof te verhoog. Op hierdie manier
het Hy Sy medelyde met mense betoon en Sy begeerte geopenbaar
om hulle gelukkig te maak. In die woestyn van versoeking het Hy
self die beker van ellende gedrink. Daarvandaan het Hy voort- ge-
kom om die beker van geluk aan die mensdom te gee in die seën
waarmee Hy die huwelik geheilig het.
Van die Jordaan het Jesus na Galilea teruggegaan. Daar sou ’n
huwelik te Kana plaasvind, ’n dorpie nie ver van Nasaret nie. Die
egpaar was familie van Josef en Maria; en Jesus wetende van hierdie
familiebyeenkoms, het na Kana gegaan, en Hy en Sy dissipels is na
die bruilof genooi.
Daar het Hy toe weer Sy moeder ontmoet van wie Hy vir ’n tyd
geskei was. Maria het gehoor van die openbaring by die Jordaan
tydens Sy doop. Die nuus het ook Nasaret bereik en haar opnuut
[141]
herinner aan die dinge wat sy vir soveel jare in haar hart bewaar
het. Saam met haar volksgenote was Maria ook diep ontroer deur
die prediking van Johannes die Doper. Goed het sy die profesie
onthou wat by sy geboorte gegee is. Sy verwantskap met Jesus het
haar hoop opnuut laat ontvlam. Maar sy het ook gehoor van Jesus
se geheimsinnige vertrek na die woestyn, en sy was beswaar met
onrustige voorgevoelens.
Van die dag af toe sy die engel se aankondiging in die woning van
Nasaret gehoor het, het Maria elke bewys dat Jesus die Messias was,
in haar hart bewaar. Sy minsame, onselfsugtige lewe het haar oortuig
dat Hy niemand anders as die Seun van God kon wees me, maar
sy was nie vry van twyfel en teleurstellings nie, en sy het verlang
na die dag wanneer Hy Sy heerlikheid sou openbaar. Josef, wat die
geheim van Sy geboorte met haar gedeel het, het haar deur die dood
ontval en nou was daar niemand met wie sy oor haar verwagtings
115