Page 30 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Vir Julie ’n Verlosser
DIE Koning van heerlikheid het baie laag gebuk om mens te
word. Sy aardse omgewing was onaangenaam en afstootlik. Sy heer-
likheid was bedek sodat die majesteit van Sy uiterlike voorkomste
nie die aantrekkingskrag sou word nie. Hy het alle uiterlike vertoon
verwerp. Rykdom, wêreldse eer, en menslike grootheid kan nooit n
siel van die dood red nie. Jesus het besluit dat geen aardse aantrek-
kingskrag die mense sou beweeg om na Hom toe te kom nie. Alleen
die sieraad van hemelse waarheid moes diegene trek wat Hom wou
volg. Die karakter van die Messias was lank reeds voorspel in die
profesieë, en Hy het verlang dat die mense Hom moes aanneem op
die getuienis van die Woord van God.
Die engele het verbaas gestaan oor die heerlike verlossingsplan.
Hulle het gekyk hoe die volk van God Sy Seun sou ontvang, gekleed
in die kleed van menslike vlees. Engele het gekom na die land van
die uitverkore volk. Ander volke het hulle besig gehou met fabels,
en het valse gode aanbid. Na die land waar die heerlikheid van God
geopenbaar is, en waar die lig van die profesie geskyn het, het die
engele gekom. Ongesien het hulle na Jerusalem gekom, na die aan-
[36]
gestelde verklaarders van die Heilige Orakels, en die dienaars van
Gods huis. Alreeds aan Sagaria, die priester, waar hy by die altaar ge-
dien het, is die nabyheid van die koms van Christus bekendgemaak.
Die voorloper was reeds gebore, en sy sending is bevestig deur won-
derwerk en profesie. Die nuus van sy geboorte en die wonderbare
betekenis van sy sending is wyd en syd verkondig. En nogtans het
Jerusalem nie klaargemaak om sy Verlosser te verwelkom nie.
Verstom het die hemelse boodskappers die onverskilligheid van
die mense aanskou wat God geroep het om aan die wêreld die lig
van die heilige waarheid mee te deel. Die Joodse volk is bewaar as ’n
getuie dat Christus sou gebore word uit Abraham se saad en uit die
geslag van Dawid, en tog het hulle nie geweet dat Sy koms nou op
hande was nie. In die tempel het die more- en die aandoffer daeliks
gewys op die Lam van God, maar daar was geen voorbereiding om
26