Page 29 - DIE KONING VAN DIE EEUE (1940)

Die Volheid van die Tyd”
25
Met die grootste belangstelling het die ongevalle wêrelde gekyk
om te sien hoedat Jehova opstaan om die bewoners van die aarde weg
te veeg. En as God dit sou gedoen het, sou die Satan klaar gewees
het om sy plan uit te voer om die trou van die hemelse wesens te
win. Hy het verklaar dat die beginsels van Gods regering vergifnis
on- moontlik gemaak het. As God die wêreld sou verdelg het, sou
hy aangevoer het dat sy aantygings waar was. Hy was gereed om al
die blaam op God te werp, en om sy rebellie te voer na die wêrelde
daarbo. Maar pleks van hierdie wêreld te verdelg, het God Sy Seun
gestuur om dit te red. Alhoewel korrupsie en opstand gesien kan
word in alle dele van hierdie opstandige provinsie, is daar ’n weg tot
herstel voor- sien. By elke krisis wanneer dit geskyn het dat die Satan
sou triomfeer, het die Seun van God gekom as gesant van goddelike
genade. In elke eeu, in elke uur, het die liefde van God uitgevloei
na ’n gevalle mensdom. Ondanks die koppigheid van mense is die
tekens van genade maar altyd vertoon. En toe die volheid van die tyd
gekom het, is die Godheid verheerlik deur die uitgieting op hierdie
wêreld van ’n vloedgolf van genesende genade wat nooit versper of
afgesluit sou word totdat die verlossingsplan volvoer is nie.
Die Satan het hom daarin verheug dat hy die beeid van God in
die mense geskend het. Toe het Jesus gekom om weer in die mens
die beeid van sy Maker te herstel. Niemand dan Christus alleen kan
[33]
die karakter opnuut vorm wat deur die sonde geruïneer is nie. Hy
het gekom om die demone uit te werp wat die wil beheers het. Hy
het gekom om ons op te hef uit die stof, om die geskonde karakter
te hervorm volgens die patroon van Sy goddelike karakter, en om
dit te verheerlik deur Sy eie heerlikheid.
[34]
[35]