290
DIE KONING VAN DIE EEUE
of geweet het van die las wat Hy ten behoewe van die mensdom
gedra het nie. Dikwels kon Hy net in eensaamheid verligting kry, en
in gemeenskap met Sy Vader.
Diegene wat geroep is om vir die ontwil van Christus te ly,
wat misverstaan en gewantrou word selfs in hulle eie huis, kan
vertroosting vind in die gedagte dat Jesus net so moes ly. Hy is met
ontferming bewoë oor hulle. Hy gebied hulle om gemeenskap met
Hom te soek, en verligting te vind waar Hy dit gevind het, naamlik
in gemeenskap met die Vader.
Diegene wat Christus aanneem as hulle persoonlike Saligmaker,
word nie as wese gelaat om die beproewings van die lewe alleen
te dra nie. Hy neem hulle aan as lede van die hemelse gesin; Hy
laat hulle Sy Vader, hulle Vader noem. Hulle is Sy “kleintjies,”
dierbaar vir die hart van God, en met Hom verbind met die teerste
en blywendste bande. Net soveel hoër as wat die goddelike as die
menslike is, is Sy gevoel teenoor ons ook baie sterker as die van ons
vader of moeder in ons hulpeloosheid.
In die wette soos aan Israel gegee, het ons ’n pragtige illustrasie
van Christus se verhouding teenoor Sy volk. As ’n Hebreër deur
armoede genoodsaak was om afstand te doen van sy erfdeel, en
homself moes verkoop, dan het die plig om hom en sy erfdeel weer
los te koop, geval op sy naaste bloedverwant. (Sien. Lev. 25: 25,
47-49;
Rut 2: 20.) So ook het die werk om ons en ons erfdeel weer
los te koop, wat ons deur die sonde verbeur het, geval op Hom wat
ons “naas- bestaande” is. Dit was om ons los te koop dat Hy ons
naasbestaande geword het. Baie nader aan ons as vader, moeder,
broer, vriend, of beminde, is die Here ons Verlosser. “Wees nie
bevrees nie,” sê Hy, “want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam
geroep; jy is myne!” “Omdat jy kostelik is in My oë, hooggeag is,
en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou
lewe.” Jes. 43:1-4
[330]
Christus het die hemelse wesens lief rondom Sy troon; maar hoe
sal ons die groot liefde verklaar waarmee Hy ons liefgehad het? Ons
kan dit nie verstaan nie, maar in ons eie lewe kan ons ondervind dat
dit waar is. En as ons Sy naasbestaandes is, met watter liefde behoort
ons diegene te bejeën wat broeders en susters van ons Heiland is!
Behoort ons nie die eerste te wees cm die aansprake van goddelike