volgorde op te stel nie; maar die doel is om die liefde van God,
soos geopenbaar in Sy Seun, en die heerlike lewe van Christus,
waarvan ons almal deelgenote mag word, voor te hou. Net soos
Jesus deur die aantrekkingskrag van Sy eie goedheid Sy dissipels
tot Hom getrek het, en deur Sy persooniike teenwoordigheid en Sy
medelyde met hulle swakhede en behoeftes, hulle karakters verander
[6]
het van die aardse na die hemelse, van selfsugtot selfopoffering, van
bekrompenheid tot grootmoedigheid en liefde vir die siele van alle
nasies en volke, net so ook is dit die doel van hierdie boek om die
salige Verlosser so voor te stel dat dit die leser sal help om Hom van
aangesig tot aangesig te ken, en om in Hom, net soos die dissipels
vanouds, die Een te vind wat magtig is en volkome kan red almal
wat deur Hom tot God kom. En tog, hoe onmoontlik is dit om Sy
lewe te openbaar! Dit is net so moeilik as om die lewende kleure
van die reënboog op die doek weer te gee.
In hierdie boek het die skryfster, ’n vrou met ’n rype ervaring in
die dinge van God, nuwe heerlikhede uit die lewe van Jesus probeer
voorstel. Sy het baie nuwe edelgesteentes te voorskyn gebring. Aan
die leser stel sy skatte voor uit hierdie ewige skatkamer, waarvan die
leser nooit gedroom het nie. Sy laat heerlike nuwe lig skyn uit baie
van die welbekende skrifgedeeltes, waarvan die diepte nog nooit
voorheen gepeil is nie. Om kort te gaan: Jesus word geopenbaar as
die volheid van die Godheid, die barmhartige Verlosser van sondaars,
die Son van Geregtigheid, die genadige Hoëpriester, die Geneser
van alle menslike kwale, die ontfermende Vriend, die Vors van die
Huis van Dawid, die Skild van Sy volk, die Vredevors, die Komende
Koning, die Ewige Vader, die middelpunt en die verwesenliking van
die begeertes en die hoop van alle eeue.
Met die seën van God word hierdie boek aan die wereld gegee
met die bede dat die Heilige Gees die woorde daarvan die woorde
van die lewe sal maak vir baie siele wie se begeertes en verlangens
nog nie bevredig is nie; dat hulle “Hom kan ken en die krag van Sy
opstanding en die gemeenskap aan Sy lyde,” en dat hulle eindelik in
die ewigheid, aan Sy regterhand, daardie “volheid van vreugde” in
Hom sal smaak, die Een wat “uitnemender as tienduisend,” en die
“
lieflikheid seit” is.
[7]